NG Wespoort
 
                              
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria.
Wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is,
gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees.
Ek glo aan n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die vlees en n ewige lewe.
   Welkom by die Internet Tuiste van NG Wespoort. 

Liewe Broers en Susters, in ons Gemeente beleef ons hartseer en ons vra voorbidding vir:
Hannetjie Rautenbach, Ella Vermaak,Rina en Paul by die Louis Trichardt te huis.

James (aandjeug) se pa is oorlede. James gaan Saterdag vir 'n knieg operasie. Die bogenoemde inligting is al wat ons ontvang het).

Persone wat ingaan vir operasies of wat in die hospitaal is, moet asb die leraars kontak sodat hulle besoek kan word. 

Belangrike projekte: Blokke materiaal is beskikbaar vir elkeen wat belangstel om met materiaal verf 'n prent daarop te verf. Elke blok gaan vir 'n bedsprei saamgevoeg word en opgeveil word by die Karnaval. Belangstellendes kan Annatjie Fleming kontak by 072 412 3144.Die lappe is 45cm x 50cm en van ongebleikte linne en is slegs R15.00. Die lappe moet weer terug wees op 16 Augustus 2009 sodat die bedsprei gemaak kan word. Eie blokke kan gekoop word, 45cm x 45cm is ook reg om op geverf te word.

Karnaval projek:*Die R1000.00 familie-projek het begin. Plakkate is by elke bedieningspunt opgesit. As jy aankope doen om 'n stalletjie te beman by die karnaval en jy handig die strokies in (R1000.00) sonder om dit terug te eis, kan u registreer vir die familie projek. 

Karnaval 5 September 2009 Ons is nog opsoek na helpers om die stalletjies te beman. Die name kan by die kerkkantoor ingehandig word. 

Miniatuur Kakebeenwaentjie - Looitjie kaartjies is beskikbaar vir slegs R10. Beskikbaar by al drie bedieningspunte. 

Regstelling: A.g.v foutiewe inligting wat deurgegee is aan persone,wil ons u graag net inlig dat die kerkkantoor oop sal wees gedurende die skool-vakansie.  

Elke 2de Sondag: Sal daar n koekverkoping wees by Wes-poortdienspunt ten bate van Gretha Weiid se optrede. Kontak Hannelie O727448836.

Lentefees (Karnaval) vind plaas 5 September 2009. 

Voorstelle vir die webtuiste kan ingedien word deur die Voorstelle item op die menu te kies.  

Will U ons kom besoek,Onder die Kontak ons opsie op die menu, sal u padkaarte kry na ons drie gemeentes.

 
Tuis Blad Kategese 60 Jaar Lentefees Inspirasie Donasies Voorstelle Kontak Ons Gemeenskap Hulp
Website Built by Phillip van Emmenis

Karnaval projek: * Die R1000.00 familie-projek het begin. Plakkate sal later by die verskillende dienspunte opgesit word. As jy aankope doen om 'n stalletjie te beman by die karnaval en jy handig die strokies in (R1000.00) sonder om dit terug te eis, kan u registreer vir die familie projek.

Belangrike projekte: Blokke materiaal is beskikbaar vir elkeen wat belangstel om met materiaal verf 'n prent daarop te verf. Elke blok gaan vir 'n bedsprei saamgevoeg word en opgeveil word by die Karnaval. Belangstellendes kan Annatjie Fleming kontak by 072 412 3144. Die lappe is 45cm x 50cm en van ongebleikte linne en is slegs R15.00. Die lappe moet weer terug wees op 16 Augustus 2009 sodat die bedsprei gemaak kan word. Eie blokke kan gekoop word, 45cm x 45cm is ook reg om op geverf te word.

Ek wil graag die jaar die Kerssang doen in ons gemeente, NG Wespoort, Danville, in November en benodig sangers, bestaande uit alte, basse en soprane en beplan om September te begin oefen. Indien julle wil deelneem aan die Kerssang, stuur asb vir my die volgende detail na Roosmm1@telkom.co.za of fax 0866063015
1.Naam en Van
2.Adres
3.Alle kontaknommers
4.Email adres (indien beskikbaar)
5.Sangstem
Ek sal julle almal spoedig moontlik op hoogte bring sodra alles gefinaliseer is. God se rykste seën vir julle
Rilé Roos.

--> Lentefees \ Karnaval 2009 \Foto's <--